Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee

40 Dae – Nuwe Moontlikhede

40 Dae Nuwe Moontlikede - Blaai-advertensie - 2019

Hartlik welkom by 2019 se 40 dae van Nuwe Moontlikhede

Ons almal hou van stories.

Wanneer mens mooi daaroor nadink, dan besef jy dat daar gewone stories is wat bloot interessant is.  Nadat jy dit klaar gelees of gehoor het, vergeet jy dit gou.  Daar is egter ook ander stories wat oor groot krag beskik aangesien dit jou lewe diep kan raak en selfs wesenlik kan verander.

Sulke stories beskik oor die vermoë om ons te ontbloot, te ontmasker, om wanpersepsies, leuens en selfbedrog uit te wys.

Ander stories open vir ons nuwe moontlikhede.  Dit gee begrip vir mense en situasies en die insigte wat dit bied, verryk ons selfverstaan.

Stories bied vir ons ‘n lens waardeur ons na die werklikheid kan kyk.  Wanneer ‘n goeie storie aansluit by ons eie belewenisse, wroeginge en drome, kan dit ons inderdaad inspireer om nuwe moontlikhede vir ‘n beter lewe raak te sien.

‘n Emosie wat baie van ons moontlik ervaar, is dat ons vreemdelinge geword het in ons eie omgewing.  Dinge is net nie meer wat dit was nie.  Die omgewing is minder vriendelik, selfs vyandig en die vertroude waardes van ons gemeenskap word nie meer nagejaag nie.  Hierdie innerlike gevoel van vervreemding kan ons vergelyk met ‘n ballingskap: ‘n innerlike ballingskap.  Ons is nog op dieselfde plek, maar nie meer so tuis nie.  Israel het hiervan in oorvloed beleef, alhoewel hulle ook ‘n geografiese ballingskap ervaar het.

Dit is in hierdie situasie van geografiese, politieke, emosionele en geestelike ballingskap en vervreemding, dat die profete vir die gelowiges stories begin vertel.  In die volgende 40 dae van toewyding, gaan ons na 3 van hierdie stories kyk, naamlik die verhaal van Ester, Daniël en Jona.

As leraarspan nooi ons jou uit om saam met ons te lees en te oorweeg.  Wat sê God vir ons in tye wanneer ons soos vreemdelinge hier op aarde voel?  Tye wanneer ons nie meer so tuis is nie?

40 Dae Program Nuwe Moontlikede…

Week 1: Binne ʼn vyandige paleis – Ester 6 en ook 4:14-16

Sondag 11 Augustus – Leon Westhof

Gaan kyk gerus na die video oor die Ou Testament en ballingskap.

Week 2: Om die tafel – Ester 1:9-20 en 2:8-18

Sondag 18 Augustus – Danie Vermaak

Laai die dobbelsteen profielvorm hier af.

Week 3: ‘n Nuwe generasie vir die kerk – Daniël 1

Sondag 25 Augustus – Christian Oberholzer

Gaan kyk gerus na die video oor die ballingskap.
Gaan kyk gerus na die video oor Daniël.

Week 4: In ‘n droom – Daniël 4:18-28

Sondag 1 September – Lieze Meiring

Week 5: Anderkant die muur – Jona 3:1- 4:11

Sondag 8 September – Maartje van der Westhuizen

Week 6: In ʼn onwaarskynlike heiligdom – Jona 4:1-3 en dan ook Jona 2:1-10

Gaan kyk gerus die video “All we share” saam.

Sondag 15 September – Leon Westhof

Laai leêr afLaai die 40 Dae Boekie – Nuwe Moontlikede.

Die 40 Dae boekies is by die kerkkantoor beskikbaar teen R20 elk.