Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee

40 Dae – Veilig by God

40 Dae Veilig by - Blaai-advertensie - 2018

Hartlik welkom by 2018 se 40 dae van toewyding!

Dit is nou al donkiejare dat ons jaarliks tyd afsonder om onsself gesamentlik en opnuut aan die Here toe te wy. Vanjaar is geen uitsondering.

As leraarspan poog ons altyd om fyn na die Gees se fluisteringe te luister, maar ook om ons oor op die grond van ons mense te hou. Ons wil graag materiaal ontwikkel wat binne die wil van die Here lê.
Met vanjaar se tema wil ons die soeklig laat val op wie God vir ons in hierdie wêreld is. Die tema: “Veilig by … God” is juis gekies te midde van so baie emosies wat ons assosieer met ons eie broosheid as mense. Situasies buite onsself waaroor ons geen beheer het nie, laat ons dikwels onveilig voel. Die gevoel van vrees, angs, magteloosheid, eensaamheid, vertwyfeling en vele meer, laat ons met ‘n diepe behoefte aan veiligheid.

Ons het nie net doringdraad en alarms om ons huise nodig nie. Ons het ook beskerming vir ons diepste menswees nodig en daarom die vraag: Waar is ons veilig?

Die leraarspan se bede is dat ons almal hierdie 40 dae weereens as ‘n geloofsversterkende tyd sal beleef. As leraars het ons tekste in die OT en die NT gekies wat God uitbeeld as ‘n herder. Elke teks vertel ‘n unieke storie van hoe God ons in verskillende omstandighede na veiligheid bring.
Bid saam dat die Here ons ryklik sal seën.verwagtinge!

40 Dae Program

Week 1: Weivelde – Ps. 23

Sondag 12 Augustus – Leon Westhof

Week 2: Veldskool – Jer. 23:1-8

Sondag 19 Augustus – Danie Vermaak

Week 3: Veldwagter – Eseg. 34

Sondag 26 Augustus – Maartje van der Westhuizen

Week 4: Strooihalms – Sag. 10:2-9

Sondag 2 September – Lieze Meiring

Week 5: Veldambulans – Luk.15:1-10

Sondag 9 September – Christian Oberholzer

Week 6: Veldkos – Mark.6:7-52

Sondag 16 September – Leon Westhof

Laai leêr afLaai die 40 Dae Boekie -Veilig BY God is genoeg hier af.

Die 40 Dae boekies is by die kerkkantoor beskikbaar teen R20 elk.


40 Dae Program vir Graad 1 – 6

Kinderbediening


Week 1

Kliek op die prentjies hieronder om af te laai.

Psalm 23