Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee

40 Dae – Genoeg is genoeg

Genoeg is Genoeg

 

Genoeg is genoeg. Dit is vanjaar die tema van ons 40 dae van toewyding. In die Afrikaanse spreektaal is hierdie ‘n bekende uitspraak. Eintlik vra dit nie veel verduideliking nie. Tog glo ons as leraarspan dat die Bybelverhale waarby ons gaan stil staan, vir ons ‘n dieper begrip sal gee wie ons is asook ‘n sterker motivering vir ons taak hier op aarde.

Die oorhoofse doel is om ons as gemeente se heilige ongemak aan te wakker om iets te doen aan die verskillende vorms van gebrokenheid van mense. Anders gestel: as jy na die wêreld om jou kyk, wat is dit wat jou kwaad maak? Wat vind jy hartverskeurend? Wat is die dinge waaraan jy iets sou wou doen as jy net kon?

Ouer lidmate sal nog vir Popeye die Matroos onthou en hoe hy in situasies kon sê: “That’s all I can stands, and I can’t stands no more!”. Sy grammatika was dalk nie reg nie, maar sy ongeduld met verkeerde situasies het sy bloeddruk ten regte laat styg. Iets moet gedoen word.

As leraarspan glo ons dat as jy die uitdaging van 2017 se 40 dae aanvaar, jy anderkant gaan uitstap as ‘n mens met ‘n ongekende ywer vir die Here wat Sy saak swaar op jou hart laat rus. Wat daardie saak is, weet ons nie, maar ons kan nie wag om te sien en te hoor hoe mense die tektoniese plate begin skuif nie. Ons wil jou bewus maak van die vlammetjie wat in jou binneste brand en dit aanwakker met verhale uit die Skrif. Ons noem dit ‘n heilige ongemak. ‘n Heilige ongemak in jou binneste oor wat aan die gebeur is in ons wêreld.

Mag die Here ons seën en inspireer om ‘n verskil te maak ver bo ons verwagtinge!

40 Dae Program

Genoeg!  Genoeg?

Sondag 13 Augustus – Leon Westhof

Eerlik genoeg?

Sondag 20 Augustus – Danie Vermaak

Heel genoeg?

Sondag 27 Augustus – Maartje van der Westhuizen

Genoeg?

Sondag 3 September – Alex Clark

Ruim genoeg?

Sondag 10 September – Kobie Fourie

Groot genoeg!

Sondag 17 September – Leon Westhof

Laai leêr afLaai die 40 Dae Boekie – Genoeg is genoeg hier af.

 


Tafelgesprekke

Tafelgesprek

Tafelgesprek bied vir jou die geleentheid om in die vorm van ‘n omgeegroep aan tafel elke Woensdagaand van 19:00-21:00 in die Artossaal in te skakel. So kan jy deelneem aan diep gesprekke en mee reis op ons 40 Dae Program.

Laai leêr afLaai die Tafelgesprek Inligtingsblad hier af.

Inleiding

2 Augustus

Genoeg!  Genoeg?

16 Augustus

Eerlik genoeg?

23 Augustus

Heel genoeg?

30 Augustus

Genoeg?

6 September

Ruim genoeg?

13 September

Groot genoeg!

20 September

 

Ons nooi julle om hierdie reis vir die 7 weke met ons mee te maak. Vir meer inligting rakende die Tafelgesprekkeinligting kontak gerus die kerkkantoor by 012 345 1144 of e-pos Alex Clark (alexclark@ngelarduspark.org.za).