Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee

Bybelstap en Hoenderbraai

Bybelstap en Hoenderbraai

Elke jaar, die eerste Saterdag in September, fokus ons feestelik op die werksaamhede van die Bybelgenootskap.

Hierdie jaar se Bybelstap en Hoenderfees vind Saterdag, 2 September 2017 plaas om 16:00 by NG Elarduspark. Die kaartjies kos R90 vir volwassenes (dit sluit ‘n halwe hoender en bykosse in) en R45 vir kinders.(slegs ‘n hoender porsie met bykosse). Bring jou eie eetgerei, stoele en drinkgoed.

Navrae: Christo by 082 339 6996

As gemeente neem ons saam deel aan ‘n pretloop deur die woonbuurt en daarna braai ons honderde hoenders op 1 spit! Die meeste hoenders wat ons tot nog toe gebraai het, is net meer as 700. Rondom die spit word hoenderhokke ingerig met ‘n gashen en -haan wat die gekuier organiseer. Hierdie geleentheid het inderdaad een van die hoogtepunte in ons gemeente geword en almal is welkom om bure, familie of vriende uit te nooi. ‘n Deel van die inkomste word aan die Bybelgenootskap geskenk.