Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee

Fasiliteite

Artos & Oinos

Die Artos & Oinos Konferensiesentrum bestaan uit 2 sale wat vergaderings en funksies van verskeie groottes kan hanteer. Beide sale beskik oor die nodige klank-, video- en mediatoerusting om  professionele asook sosiale geleenthede te kan akkommodeer.  Die toerusting sluit die moontlikheid in om lewendige orkesmusiek te kan verskaf. Die Artos-saal Die grootte van die Artos-saal […]


Kapel

Ons Kapel is deel van die groter gebouekompleks en kan ongeveer 80 mense huisves. Die Kapel is uiters geskik vir kleiner geleenthede. Dit is veral mense wat ‘n tweede keer in die huwelik verbind word, wat die Kapel tot op datum die meeste gebruik het. Daarbenewens is die Kapel ook geskik vir kleiner begrafnisse. Die […]


Stal

Die Stal skep die gevoel van ‘n sitkamer. Dit is ‘n ruim vertrek wat uitkyk op die pragtige groen tuin. Dit is gemeubileerd met banke en stoele wat jy kan skuif, asook 2 tafels waarop ‘n TV en DVD-speler staan. Die Stal kan ongeveer 15-20 mense akkommodeer.


Gedenkmuur

Die gedenkmuur, omring deur tuine en ‘n fonteintjie, bied die geleentheid om die as van jou naasbestaandes te kom plaas in die vorm van ‘n nissie. Die nissie kan gekoop word met ‘n gedenksteun (marmerblad) wat aan die voorkant van die nissie geplaas word. Hoewel eie verantwoordelikheid geneem word met die ingraverings op die gedenksteen, kan die kerkkantoor advies verleen. […]