Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee

Verander Jeuggroepe Deel van Verander Jeugbediening


Na ons Jeugdiens kom almal bymekaar in hulle jeuggroepe, op hulle eie kreatiewe en persoonlike maniere. Dit is hier waar ons die boodskap van die preek verder vas lê en in meer diepte oor die tema van die aand gesels en mekaar uitdaag om ‘n verskil te gaan maak. Behalwe vir dit, is dit ook ‘n ruimte van omgee en liefde waar elkeen veilig kan voel om tussen vriende en met die Jeugwerker te kan “connect” met dit wat in sy/haar lewe aangaan, en die belangrike lewensvrae te vra. Binne die jeuggroepe is waar ons fokus op ons vyf waardes en is verhoudingsbou; mentorskap en geestelike groei hier van die belangrikste rolspelers.

Die Grd7-10’s kom op hulle eie plekke na die diens bymekaar. Die Belydenisgroep kom in die Kapel bymekaar en ons Matrieks kom oor ‘n koppie koffie byemaar in die Herberg, waar hulle weer op nuwe maniere uit gedaag word om geestelik te groei.

Al hierdie vind elke Sondag in die skool kwartaal plaas van 18:00-19:00.

Ons sien baie uit om jou te ontmoet en beter te leer ken. Jy is vir ons baie belangrik.

Albums

Boekrak

Versoek om deel te word van hierdie groep