Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee

Vir ouers met kinders in laer- en voorskool

Huisgeloof - Logo

Met Huisgeloof is ons besig om uitvoering te gee aan Deut 6:4-6 wat sê:  “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly.  Jy moet dit inskerp by  jou kinders…”

Die beste (en belangrikste) plek om die nuwe lewe wat ons in Jesus het by ons kinders in te skerp, is by die huis. Daarom wil Elarduspark Gemeente ouers (en ander opvoeders) se hande sterk maak deur geleenthede te skep waar julle gehelp kan word om die nodige vaardighede te bemeester vir hierdie reuse taak. Terselfdertyd help dit ouers om iets betekenisvol te maak van die mylpale in julle kinders (en huismense) se bestaan en God se Hand in julle lewens raak te sien en Hom daarvoor te eer.

Die volgende geleenthede word bv deur die loop van die jaar aangebied (sien gemeentekalender):

Vat-Dit-Huis-Toe Geleenthede

  • Ouers van 1-2 jariges – Hoe maak ek my kind lief vir die Bybel (en watter Bybel vir watter ouderdom)?
  • Ouers van 3 jariges – Hoe leer ek my kind bid?

  • Ouers van 4 jariges – Leef feestelik (feeste en mylpale soos verjaarsdae, Kersfees, Paasfees, prestasies, ens)
  • Ouers van 5-jariges – Gereed vir Nagmaal?! (Hoe berei ek my kind voor vir betekenisvolle Nagmaalviering?)
  • Ouers van 6 jariges – Gereed vir die Groot Stap: Skooltoe!
  • Gr 1’s en Ouers – My eerste Bybel!
  • Ouers van Gr 2’s – Hantering van geld (Maak jou kind geld-slim).
  • Ouers van Gr 3’s – Gee jou kind balans (t.o.v. skool, sport, buitemuurs, prestasie, ens.)
  • Ouers van Gr 4’s – Seks- en verhoudingsonderrig: hoe en wanneer?
  • Ouers van Gr 5’s – Die sosiale media, rekenaar, internet, selfone, ens. (veiligheid in die digitale en virtuele wêreld).