Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee

Badplaas Uitreik 2017

Badplaas - Blaaibord
27-12-2017 08:00:00 tot 02-01-2018 15:00:00

Ons vertrek Woensdag 27 Desember van die NG Kerk Elarduspark om 8:00 en ons sal weer DV Dinsdag 2 Januarie 15:00 terug wees by die Kerk. Ons bied die vakansieprogram vir kinders, tieners en studente by Badplaas (Forever Restorts) aan.

Wat jy moet saam neem:

Slaapsak, Kussing, Eetgerei (bord, beker, mes, vurk, lepel, sponsie en afdroog doek, ens. – skottelgoedseep word voorsien) Bybel, Pen, Klere en toiletries, Sonbrandroom, Klere (gemaklik, warm weer oor die algemeen en kan somtyds ’n bietjie reën), Hoed, Swemklere, ’n funny-kinder-vriendelike ding (om aan te trek wanneer ons die kinders gaan haal) en 1 pak koekies (wanneer ons in die aande saam met studente koffie drink en kuier)

Alle inskrywings moet op Sondag 10 Desember gemaak wees (om jou plek te bespreek). Om in te skryf – gee jou ingevulde vorm vir Danie of die kerkkantoor en betaal jou R850 voor of op 11 Desember. Inskrywings kan ge-e-pos word na: danievermaak@ngelarduspark.org.za. Die inskrywings geld kan elektronies in betaal word by ABSA | Tjekrekening: 1500580174 | Takkode: 631245 | Verwysing: Badplaas + jou naam.