Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee
Welkom by die gemeente wat omgee

Gemeentekamp

16-03-2018 14:00:00 tot 18-03-2018 12:00:00

HOEKOM

  • Gee kans vir 'n goeie wegbreek vir rus en ontspanning.
  • Verryking van jou verhouding met ander mense in die gemeente.
  • Geestelike verryking rondom die tema van liefde vir God, ander en jouself.

DIE PLEK

Weesgerus, 'n luukse vakansieoord – 3km anderkant Modimolle (Nylstroom), d.w.s. 130km noord van Pretoria – in die ongerepte bosveld-natuurskoon. Die oord beskik oor gerieflike huisvesting in goed toegeruste eenhede en ʼn puik woonwapark. Vir ontspanning is daar ʼn voetslaanpad, twee koue en drie warm swembaddens (onderdak en buite), ʼn glygeut, tennisbane, mini-gholf, vlugbal, jukskei, ʼn restaurant en winkel.

PROGRAM

Daar is ruim tyd vir rus en ontspanning. By drie geleenthede sal ons egter in die saal byeenkom vir die bou van onderlinge verhoudings, lofprysing en geestelike verrykin, asook 'n lekker vasvrae wat vir hope pret gaan sorg!

AKKOMMODASIE

  • Chalets: 6-bed (2 slaapkamers) en 4-bed
    Die volgende is in die chalets beskikbaar: beddegoed, kombuis, breekgoed, eetgerei, braaigeriewe, televisie.
  • 2-bed kamers: met eie badkamer maar gemeenskaplike kombuis en sitkamer. Ook volledig toegerus.
  • Kampeerterrein en woonwapark met gras en bome. In sirkels met 15 staanplekke elk. Moderne ablusie-geriewe en kragpunte.

WAT U SELF MOET VOORSIEN

Etes: Groepe kan saam eet/braai.  Etes kan ook in die restaurant genuttig word. Maak voorsiening vir ten minste:

  • Vrydagaand: ʼn tuis voorbereide ete
  • Saterdag- en Sondagoggend: ontbyt
  • Saterdagaand: braaivleis en bykos vir ʼn bring-en-braai
  • ʼn Klein sakkie houtskool (2kg) per gesin vir die bring-en-braai
  • Saterdag- en Sondagmiddagete

Wenke vir etes:

  • Voedsel wat vinnig voorberei kan word, moet voorkeur geniet.
  • Bederfbare produkte (brood, melk, ens.) is op die terrein te kry.

Klere en benodigdhede: Kleredrag is informeel. Onthou: swemklere, sportdrag, stapskoene, handdoeke, toiletware, Bybel en skryfbehoeftes. Sorg vir eie toiletpapier, seep, muskietweermiddel, opwasmiddel en opwaslappies, hout/vuurmaakgoed en braaigerei.

Inskrywing moet asb vóór of op 14 Februarie 2018 by die kerkkantoor gedoen word. Betaling/deposito moet asb inskrywing vergesel.