Welkom

Hier by NG Elarduspark bely ons elke dag... die liefde van God, vir elke mens, oor alle grense heen.  Jy is welkom soos jy is. Ons wil jou begelei om 'n navolger van ons opgestane Here Jesus Christus te wees . Mag jy hier 'n geestelike tuiste vind waar jy geborge sal voel in God se genade en liefde.

Elarduspark Weekliks

NG Elarduspark is die gemeente wat omgee.

Ons beweeg...

Word bewus van wat hier gebeur en ondersteun omgee.

Ons begelei jou...

Ons begelei jou van doop tot laerskool, van hoërskool tot jong volwassene & student, van eensaamheid na gemeenskap, van uitdagings na uitkoms en grysheid na wysheid.

Ons leraarspan

NG Elarduspark het 4 voltydse leraars. Elkeen met hulle eie spesialiteitsveld en persoonlikheid. Elkeen van hulle is toegewyde navolgers van ons opgestane Here Jesus Christus.

Laai ons selfoon-toep ('App') af...

As jy 'n foon het wat toegang het tot Google Play Store of Apple App Store, dan kan jy ons gemeente se selfoontoepassing aflaai. Dit bied vir jou:
  • Aanlyn Gemeente Kalender.
  • Die Bybel (NIV) - lees en luister.
  • Kommunikasie-kanale wat jy kan verstel.
  • Bly op datum met alles wat gebeur.
  • Kontak met ons gemeente in jou hand en vele meer!

Eredienstye:

Sondae:
08:00  - Tradisionele  erediens | 09:45 - Kontemporêre  erediens
08:00 & 09:45 - Aanlyn erediens
 08:00 & 09:45 - Kinderkerk
17:00 Verander erediens (Jeuggroepe na die tyd)
18:00 Dieper Delf (kursusse en reekse)

Tydens langnaweke en skoolvakansies: 
Slegs een oggenderediens om 09:00. Die aanlyn erediens sal om 09:00  op ons YouTube-kanaal uitgesaai word.
Geen Kinderkerk of Veranderdiens nie.

Adres

Frelonstraat 547, Elarduspark, Pretoria
GPS: -25.832923213052904, 28.25947218817023 

Kontak ons

Ons wil graag van jou hoor. Kontak die kerkkantoor deur hierdie vorm in te vul.