40 Dae – Onthou wie Ek is…

NG Elarduspark begin 15 Augustus met ons 40 dae van toewyding.

Moses kry die roeping om die volk uit Egipte te lei, maar hy is onseker wie hierdie Here is. Wanneer hy Sy Naam vra, antwoord God in Eksodus 3: 14 “Ek is wat Ek is”. Wanneer ons na die NT blaai, sien ons dat Jesus van die Vader kom en één met die Vader is. Jesus se godheid is in alle opsigte duidelik. Ons sien dit veral in die “Ek is”-uitsprake van Jesus. Met hierdie uitsprake identifiseer Jesus ten nouste met God. Daar is verskeie sulke uitsprake, veral in die Evangelie van Johannes. Tydens vanjaar se 40 dae van toewyding gaan ons by hierdie tekste stilstaan.

Die rede hiervoor is ons jaartema: Volg die Voetspore, met die subtema: Onthou wie Ek is. Kyk weer ‘n slag na ons kalender se voorbladfoto of hierdie boekie se voorblad. Dit is ‘n aangrypende foto wat ons nooi om in die groot “Ek is” se voetstappe te stap. Daarom sê ons nie verniet dat ons as lidmate navolgers van Jesus, die opgestane Here is nie.

Die gebed van ons as leraarspan is dat die verskillende “Ek is”- uitsprake verskillende invalshoeke vir jou sal bied om Jesus beter te verstaan. Meer nog: om Jesus beter te leer ken en dat hierdie uitsprake jou sal beweeg om in Sy voetspore te volg.Werk hierdie boekie saam met ons deur en mag die Here ons ryklik seën!

Kyk Tafelgesprekke in groepe saam

Ons is baie opgewonde oor hierdie jaar se tafelgesprekke! Alhoewel ons nie fisies saam kan wees nie, gaan ons samehorigheid probeer skep deur almal lekker basaarkos te eet op die aand van die tafelgesprekke. Die tafelgesprekke gaan vanaf 19 Augustus elke Donderdagaand vir 6 weke lank lewendig op Facebook uitgesaai word. Vir meer inligting rondom die 40 dae reeks en hoe dit gaan werk, kyk gerus hierdie promosie video:

40 dae Tafelgesprekke “Drive-Thru”

Ons is baie opgewonde oor hierdie jaar se tafelgesprekke! Alhoewel ons nie fisies saam kan wees nie, gaan ons samehorigheid probeer skep deur almal lekker basaarkos te eet op die aand van die tafelgesprekke. Die tafelgesprekke gaan vanaf 19 Augustus elke Donderdagaand vir 6 weke lank lewendig op Facebook uitgesaai word.

Vir meer inligting rondom die 40 dae reeks en hoe dit gaan werk, kyk gerus hierdie promosie video: https://youtu.be/8vn9F_mkMf8

Hoe werk die kosbestellings? Jy bestel jou kos deur die volgende vorm in te vul (kliek hier vir die Google Form om jou kos aanlyn te bestel). Jy kan vooruit bestel of net vir daardie week. Jy betaal jou kos deur ‘n EFT, snapscan of zapper. Die afsnydatum is die Sondag voor die Donderdagaande se tafelgesprek. Jy tel jou kos tussen 17:00-18:00 op by die kerk net voor die tafelgesprek uitsending om 19:00. Dit werk soos ‘n “drive through.”. Elke ete kos R50.

As jy by die huis kom, skakel jy in by die tafelgesprekke en ons almal eet lekker saam.

Indien jy sukkel om jou bestelling te plaas of te betaal skakel of e-pos gerus vir Lucia en sy help jou (012 345 1144 of luciacoetzee@ngelarduspark.org.za).

Belangrike Inligting:

  • Elke ete sluit ‘n hoofgereg, poeding en koeldrank in.
  • Die bestellings sluit elke keer op die Sondagmiddag 17:00 vir die volgende week.
  • Mense kan hulle kos op die dag van die Tafelgesprek tussen 17:00-18:00 by die kerk kom afhaal.

Spyskaart:
19 Augustus – Prego Rolls

26 Augustus – Kerrie en Rys

2 September – Hamburgers

9 September – Vetkoek en maalvleis

16 September – Boereworsrolle

23 September – Sosatie en ‘n bykos

Program

15 Augustus: Week 1 – Joh. 11:1-44 (Ek is die opstanding en die lewe)

22 Augustus: Week 2 – Joh. 14:1-14 (Ek is die weg, die waarheid en die lewe)

29 Augustus:: Week 3 – Joh. 6:1-60 (Ek is die die brood wat lewe gee)

5 September: Week 4 – Joh. 10:1-21 (Ek is die goeie herder)

12 September: Week 5 – Joh. 8:12-20 (Ek is die lig vir die wêreld)

19 September: Week 6 – Joh. 15:1-17 (Ek is die ware wingerdstok)