Aanlyn Bybelskool

Die Bybelgenootskap van SA is vanjaar 200jr oud! Ons in Elarduspark maak dit saam met hulle Die Jaar van die Bybel.

Daarom nooi ek jou uit na ons gemeente se eie Aanlyn Bybelskool. Ons gaan fokus op die Nuwe Testament en ons benadering gaan uniek wees. Behalwe vir die digitale aanslag, gaan ons na die onderskeie boeke kyk in die volgorde wat hulle geskryf is. Ons gaan dus nie die volgorde waarvolgens hulle in ons Bybels gerangskik is, volg nie. Kyk na hierdie kort bekendstellingsvideo en raak saam met my opgewonde vir wat voorlê.

Hoe gaan dit werk? Almal wat inskryf gaan weekliks ‘n e-pos kry met ‘n kort video (3-10 minute) waarin ek die historiese agtergrond van die betrokke NT boek skets. Dan moet jy sekere dele van die boek lees en 5 eenvoudige vrae antwoord en vir my terugstuur. Daar gaan ook ‘n skakel wees na ‘n video (ongeveer 7 minute) van The Bible Project wat die samestelling van die boek visueel uitbeeld.Kyk na hierdie video om ‘n voorbeeld van hulle aanslag te sien.

Wat moet jy doen? Kliek op hierdie inskrywingsvorm en voltooi dit voor 10 Mei 2020