Alpha-kursus

Ons skop weer af met die bekende Alpha-kursus!

Vanweë Covid-19 word dit nou aanlyn gedoen. ‘n Skitterende video-reeks is opgestel sodat deelnemers dit aanlyn kan doen. Nou kan jy vanuit die gerief van jou huis aan gesprekke oor Zoom deelneem.

Waaroor gaan Alpha? Dit handel oor die kern van die Christelike geloof vanuit die perspektief van Alpha Online ons lewensvrae: Waarom is ons hier? Is dit al waaroor die lewe gaan?

Vir wie is dit bedoel? Vir elke lidmaat asook elkeen wat in die Christelike geloof belangstel. Vir mense soos ek en jy en jou buurman/buurvrou/kollega/vriende. Nie minder as 1,2 miljoen mense het wêreldwyd in 2020 aan Alpha Online deelgeneem!

Wat het jy nodig om deel te neem?

  • Jou eie rekenaar en genoeg data om 1x perweek vir 60-75 minute te kan Zoom.

Wanneer gaan Alpha aangebied word? Woensdagaande vanaf 26 Mei tot 11 Augustus om 19:00.

Hoe word ek deel van Alpha? Voltooi hierdie vorm en word deel van ‘n opwindende geestelike reis in ons gemeente. https://forms.gle/hNo7KaGxv2dsgqnr8

Hoe gaan dit werk? Tydens die eerste 25 minute kyk ons saam na ‘n video en daarna verdeel ons in groepe vir gesprekke met mekaar (alles aanlyn). Daarna sluit ons in die groot groep af.

Wil jy meer weet?

Kursusleier: Leon Westhof