Bybelfees en Hoenderbraai

Elke jaar, die eerste Saterdag in September, fokus ons feestelik op die werksaamhede van die Bybelgenootskap.

Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar. Die Bybelgenootskap is hierdie jaar 200 jaar oud.

NG Elarduspark kraai deel van hierdie lewensverrykende storie, in besonder die met die laaste 18 jaar se jaarlikse Bybelfees!

Die Bybelfees is 5 September, maar omdat die regulasies almal op hok geslaan het, gaan ons anders kekkel hierdie jaar. Jy kan ‘n ‘n hele hoender met 4 broodjies bestel teen R160 (Jy is reg, dit werk jou R40 per bord uit) en so skenk jy ‘n Bybel vir iemand in sy of haar moedertaal.

Jy kan hierdie Saterdag dan jou wegneemete tussen 17:00-18:00 warm kom optel met ons Drive-Thru geleentheid. Ons leraarspan soek enige verskoning om jou te kan sien en daarom deel ons dit by hierdie geleentheid self uit.

Plaas jou bestelling op ons Google aanlyn bestellingsvorm (waar jy die skakel in Elarduspark Weekliks) sal ontvang) – voor 30 Augustus om tydens jou aandete met die Bybelfees koning te kraai!

Virtuele Hardloop en Stap vir Hoop


Sondag 23 Augustus is ‘n baie belangrike dag vir die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Ons herdenk op hierdie dag 200 jaar van Bybelgenootskapwerk in ons land.

Sommige van ons verjaarsdagvieringe moes weens Covid-19 gekanselleer word maar ons is nietemin oorgehaal om steeds hierdie wonderlike mylpaal te vier. Net soos baie ander organisasies gaan ons ook nou virtueel – ‘n gepaste manier on ‘n nuwe era in Bybelwerk te begin.

Die naweek se tweede eeufeesvieringe is propvol gebeure. Een van die opwindende aktiwiteite is ons Virtuele Hardloop en Stap vir Hoop. Deelnemers kan kies wanneer oor die naweek hulle ‘n afstand van 5 km, 10 km, 21 km en 42 km wil voltooi.

Die geleentheid bied iets vir almal, so of jy nou daagliks ‘n rustige stappie geniet of ‘n ernstige atleet is, jy het die opsie om die afstand van jou keuse enige tyd tydens die twee dae te voltooi. Die inskrywingsgeld is R100 vir die 5 km en R150 vir die res van die afstande. Deelnemers kan ook ‘n bykomende donasie gee wanneer hulle aanlyn inskryf.
 
Klik hier om vir die Virtuele Hardloop en Stap vir Hoop in te skryf
Fondse wat hierdeur ingesamel word, is ter ondersteuning van die Bybelgenootskap se 2 Miljoen Bybels-projek. Die doel van hierdie projek is om hoop te gee deur die verspreiding van twee miljoen Bybels en twee miljoen stelle Bybelgebaseerde geletterdheidsboekies aan Suid-Afrikaners wat dit nie kan bekostig nie.

Jy kan ons help om ‘n verskil in mense se lewens te maak deur aan hierdie inisiatief deel te neem.

Baie dankie vir jou ondersteuning.

Seënwense

NAVRAE

Christo Scheepers (C) 082 339 6996 of Amalie Scheepers (C) 012 345 2355.