Ons het gepraat oor die 60+ lidmate en hulle situasie gedurende Covid19. Wat behels dit alles en hoe kan dit hanteer word?
Om te rou in grendeltyd
Om te rou in grendeltyd. Hoewel mens deur jou hele lewe aan verlies blootgestel word, is om ‘n geliefde aan die dood te verloor een van die pynlikste verliese wat jy kan ervaar, en die moeilikste om te verwerk. Om te leer om aan te gaan met die lewe sonder byvoorbeeld ‘n lewensmaat van die afgelope 50+ jaar, of ‘n geliefde ouer, broer of suster, kan ‘n moeisame en pynlike proses wees. En as hierdie verlies gebeur in ‘n tyd wat reeds deur groot onsekerheid en trauma, soos ons huidige grendeltyd, gebeur, kan die proses om die verlies te leer hanteer soveel meer ingewikkeld wees.
My kinders emigreer; wat nou?
My kinders emigreer; wat nou? “Ons het werk oorsee gekry, en vertrek binnekort na ….” Dit is seker die woorde waarvoor min ouers regtig gereed […]
Pastorale Brief aan gemeentes en lidmate
Pastorale Brief aan gemeentes en lidmate30 April 2020 As Sinodale Diensraad van die Oostelike Sinode het ons die behoefte om in hierdie dae van “hou […]
Kompas
Wanneer ons ‘n geliefde verloor het, kan ‘n oor wat met deernis en liefde luister, ‘n skouer om op te huil, ‘n oproep op daardie spesiale dae soos die eerste verjaardag, huweliksherdenking, of Kersfees, die verskil wees tussen ‘n eensame, hartseer pad, of ‘n betekenisvolle tyd van rou en afskeid tot die punt waar die treurende weer met blydskap en vreugde kan uitsien na ‘n sinvolle lewe.
Die NG Gemeente Elarduspark en die gesprek rakende homoseksualiteit
ierdie dokument verwoord die kerkraad en die gemeente van die NG Kerk Elarduspark se huidige verstaan en ingesteldheid rakende homoseksualiteit. Die bedoeling van hierdie dokument is nie om finale besluite te formuleer nie, maar om ’n verstaansraamwerk te skep sodat die gemeente sinvol aan die groter en voortgesette gesprek binne die NG Kerk kan deelneem en haarself posisioneer in die oortuiging dat die pad vorentoe groter duidelikheid en moontlike konsensus gaan bring. In wese reflekteer hierdie dokument dus die gesindheid van die kerkraad en die gemeente veral in die lig van die pad wat alreeds geloop is.
Teologiese identiteit van die NG Gemeente Elarduspark
Tydens ringsittings fokus die gasheer-gemeente gewoonlik op die uitbreiding van haar fasiliteite en/of enkele noemenswaardige bedienings. Vanjaar wil ons in Elarduspark, as gasheer, fokus op ons teologiese identiteit. Hierdie aanbod mag vreemd oorkom aangesien ons immers deel van die NG Kerk is wat diep in die gereformeerde tradisie ingebed is. Ons teologiese identiteit behoort immers voor die hand liggend te wees.