Danie Vermaak

Ds. Danie Vermaak

Ek is verantwoordelik vir die gasvryheid en nuwe lidmate bediening in ons gemeente. Dus wil ons graag sien dat jy tuis voel en iets van God se liefde in ons gemeente beleef. Ek is ook verantwoordelik vir die omgeegroepe en dus die wonderlike mense in ons gemeente met mekaar te verbind. Die webwerf en IT val ook onder my verantwoordelikhede. Hierdie laat my hart warm klop! Ons noem hierdie ons digitale bediening. Ek hou daarvan om saam met ander mense te speel, stories te luister, boeke te lees en te leer. Vir ontspanning speel ek graag klavier, gaan stap met ons hondjies en kyk fliek.

danievermaak@ngelarduspark.org.za

(012) 345-1144

(082) 071-7640