VAKANTE POS: DIGITALE KOMMUNIKASIE
‘n Deeltydse posisie is beskikbaar by NG Gemeente Elarduspark vir ‘n persoon in die kerkkantoor wat die digitale-platforms en kommunikasie kan bestuur.
ERVARING:
Vorige ervaring en verwysings sal in jou guns tel.
TAAKOMSKRYWING:
‘n Volledige taakomskrywing is beskikbaar op die webwerf (www.ngelarduspark.org.za) of deur die kerkkantoor te e-pos by: luciacoetzee@ngelarduspark.org.za.
VAARDIGHEDE:
Die persoon moet rekenaargeletterd wees en oor die nodig tegnologiese vaardighede beskik ten einde die volgende verantwoordelikhede na te kom:
- sosiale mediaplatforms met die nodige tegnologiese en rekenaar vaardighede (YouTube, Facebook, Instagram en Google My Business).
- die onderhoud van die webwerf (WordPress met basiese HTML 5 kennis).
- die bedryf van sagteware soos Microsoft Office, Prezi, Adobe Photoshop, Adobe Audition, Adobe Premiere Pro, of soortgelyke produkte.
- Grafiese ontwerp en kreatiewe denke ten einde die behoefte van die gemeente aan te spreek.
- Die bestuur van vrywilligers wat die vermoë van goeie menseverhoudings insluit.
- Die persoon moet oor goeie Afrikaanse taal- en kommunikasievaardighede beskik.
- Akademiese kwalifikasies en praktiese ervaring is nie ‘n vereiste nie, maar sal in ag geneem word.
SALARIS:
‘n Vergoeding in lyn met die taakomskrywing en ure sal onderhandel word.
WERKSURE:
Die persoon sal 50% kantoorgebonde wees en die bepaling van die produksie sal uitsetgedrewe wees. Die kantoorure sal ook onderhandel word.
NEEM KENNIS:
- Van die suksesvolle aansoekers sal verwag word om prakties geëvalueer te word.
- Die NG Elarduspark behou die reg voor om nie ‘n aanstelling te maak nie.
- Daar sal ook ‘n 6 maande proeftydperk wees.
E-pos jou CV na luciacoetzee@ngelarduspark.org.za en danievermaak@ngelarduspark.org.za. Sluitingsdatum is 2 Februarie 2020 en die aansoekers wat die kortlys haal , sal gekontak word vir onderhoude in die week van 4-6 Februarie 2020.
TAKE:
- Die uitvoering van die gemeente se Kommunikasiestyl-beleidsdokument.
- Grafiese ontwerp en samestelling vir alle kommunikasie.
- Die interne en eksterne visuele, geskrewe en digitale kommunikasie van die gemeente en geleenthede.
- Die samestelling en verspreiding van die e-nuus (met MadMimi) soos versoek deur die leraars.
- Die bywerk van inligting op ons webwerf.
- Die redigering van die preke se opnames en plasing op die webwerf en die sosiale platforms, asook op CD’s.
- Die ontwikkeling, samestelling en plasing van inhoud op die sosiale media platforms (YouTube, Facebook, Instagram, WhatsApp) in lyn met die gemeente se kommunikasiebeleid.
- Die neem van foto’s of video’s per geleentheid en of die reël en bestuur van vrywilligers by geleenthede. Dit sluit ook die lewendige uitsending van eredienste in.
- Die ontwerp en samestelling van gedrukte media (Nuusbriewe van bedieninge, gemeentekalender en kommunikasie op aansteekborde) soos versoek.
- Die voorbereiding van die databord met die oog op ons eredienste en ander dienste of feesgeleenthede soos begrafnisse, doopgeleenthede.
- Die taalversorging van alle kommunikasie.
- Ontwikkeling van ad hoc visuele (PowerPoint, Prezi en video) aanbiedings soos versoek.