Eensaamheid na Gemeenskap

Jy behoort hier net soos jy is, daarom wil die Gasvryheid & Nuwe Lidmaatbediening jou graag ontvang en tuis laat voel.

In ‘n wêreld waar jy voel alles verander voortdurend en dinge raak al meer onseker en elke dag het ‘n ekstra kwota druk, wil ons jou graag begelei na God se hart van liefde en omgee vir elke mens. Daarom bied ons jou/julle die geleentheid om aan ʼn groep te behoort wat saam met God, vir mekaar en die wêreld kan omgee. Wanneer ons aan ʼn groep behoort, help dit ons nie net om te oorleef nie, maar ook om te floreer!

Die Sosiale Sielkundige Floyd H. Allport het reeds in 1920 bevind dat om aan ʼn groep te behoort, ʼn persoon beter funksioneer en floreer. Hy was nie die enigste nie, die gelowiges het dit al oor die jare heen geglo! Psalm 133 verwoord iets hiervan, asook vele ander tekste.

NG Elarduspark bied ‘n verskeidenheid groepe en geleenthede waar jy kan behoort net soos jy is: