Geestesgesondheid

Geestesgesondheid / Mental Health

Hoe gaan dit met jou gemoed; wat gaan agter daardie masker aan? In hierdie tyd ervaar mense soveel bekommernis, druk, verlies, trauma en eensaamheid. Hoe hanteer ons dit? Hoe bestuur ek my stres; wanneer word angs ‘n probleem en hoe weet ek wanneer my “af”-gevoel depressie is? Hoe weet ek wat agter my tiener se masker aangaan, en hoe help ek my laerskoolkind deur hierdie tyd? Dalk help die volgende inligting en video’s jou…  

Volg hierdie skakels vir inligting oor stres, angs, depressie en selfmoord

Kliek op die knoppie om dit oop te te maak.

Trauma

Ons almal word die een of ander tyd in ons lewens ‘n emosionele wond (of wonde) toegedien. Dit is wanneer dit voel jou wêreld tuimel inmekaar; jou asem word uit jou uitgepers; jy voel verward, bang, alleen, kwaad, leeg, skaam en selfs skuldig. Volg hierdie skakels vir inligting en hulp:

Kliek op die knoppie om dit oop te maak (kyk uit vir die > pyltjie teen die wit agtergrond om aan te beweeg met die skyfies!):

Angs

Almal ervaar met tye angs. Kyk gerus na hierdie kort video waar Dr Lieze Meiring gesels oor wanneer angs ‘n probleem raak en hoe om dit te hanteer.

My Kind & Covid

My Tiener en Covid

𝙄𝙣𝙙𝙞𝙚𝙣 𝙟𝙮 𝙢𝙚𝙩 𝙞𝙚𝙢𝙖𝙣𝙙 𝙬𝙞𝙡 𝙜𝙚𝙨𝙚𝙡𝙨, kontak gerus vir:
☎️Lieze: 083 324 8236
📨E-berading: eberading@ngelarduspark.org.za