Ons glo dat die liefde van God vir elke mens oor alle grense heen ‘n werklikheid moet word. Daarom help ons jou om betekenis aan jou lewe te gee en te begelei om deel te word van Christus se liggaam in ‘n verskeidenheid van bedieninge waar ons hier en vêr God se Koninkryk sigbaar maak!
Omega-bediening
‘n Bediening om persone wat ‘n geliefde aan die dood afgestaan het, te ondersteun en te begelei. Byeenkomste vind vier keer per jaar plaas en neem verskillende vorme aan
Missionêre Liefdesdiens
Die NG gemeente Elarduspark verklaar dat ons God se liefde wil uitleef vir alle mense, oor alle grense heen. Dit is dan hierdie geloofsverklaring wat agter ons Missionêre Liefdesdiens die dryfveer is.
Frankryk Sending
Ons gemeente ondersteun Ds. Johan Bloemhof met kinderevangelisasie in Frankryk. Hulle versprei inligtingspakke in gemeenskappe wat die deur oopmaak vir persoonlike gesprekke.
Noord-Thai Sending
Noord-Thai sending Rynier Kruger is deur die gemeente gestuur en werk in die noordelike Thailand. Sy fokus is vriendskapsevangelisasie. Ek kan omgee deur Rynier te ondersteun deur e-posse en om vir sy bediening te bid.
Khomani Uitreik
Die gemeente reik twee keer per jaar, in April en September, uit na die Khomani San gemeenskap in Andriesvale.
Nellmapius Uitreik
‘n Omgeegroep ondersteun die organisasie “Women for Change” wat daagliks sop aan 70 bejaardes en 325 kinders in die Nelmapius woongebied voorsien, kinders na skool met hul huiswerk help, en vroue bemagtig deur die maak van artikels wat verkoop kan word.
Jakarandakinderhuis (Huis 13)
Huis 13 akkommodeer tans 13 seuns tussen die ouderdomme van 7 en 15 jaar. Ondersteuning vind plaas deur finansiële, materiële, geestelike en emosionele bystand. Die jeug van Elarduspark gemeente reik ook Sondag aande gereeld uit na die koffiekroeg by die kinderhuis.
Mosesprojek
Ons is ‘n selgroep wat in 2009 gelei is na babas van werklose ouers in Elandspoort.
Huiswerkerskamp
Een maal per jaar word ‘n naweekkamp gehou waar huiswerkers van ons omgewing bederf word.
Bediening aan Huiswerkers
Bediening aan huiswerkers deur anderstalige eredienste op Sondae, huisbesoeke en geestelike ondersteuning. Die dienste vind plaas op ‘n Sondagmiddag van 14:00 af in die Blousaal.
Kleretrommel
Die kleretrommel is ‘n projek waar gebruikte klere, linne, speelgoed, meubels en toerusting deur gemeentelede geskenk en dan uitgedeel word aan persone wat behoefte daaraan het.
Brood op die Water
Die kosblik fokus daarop om voedsel te voorsien aan persone wat tydelik nie in hulle eie behoeftes kan voorsien nie.
Uitreike (Jeug & Jongwerkend)
Kom beweeg saam met ons met God se liefde oor alle grense en wees deel van ons uitreike.
Herwinningsprojek
Herwinning is deel van die bewaring. Bring asseblief al julle ou papier en glas kerk toe.
Ons Huis
Ons Huis is ‘n projek wat deur die ring van Elarduspark (NG Elarduspark, NG Moreletapark en NG Oosterlig) gestig is. Dit is ‘n voltydse tuiste en aktiwiteitsentrum vir mense wat verstandelik gestremd is. Dit bied die mense die geleentheid aan die mense om deel te wees van ons gemeenskap. Hulle word fisiek versorg en geestelik en emosioneel ondersteun. Hierdie plek is ‘n stukkie hemel en hier beleef jy God op ‘n wonderlike wyse!