60+
In hierdie fase van die lewe het jy soveel om vir ander te bied! Die 60+ bediening help jou om hierdie goue jare van jou lewe te laat tel.
Bybelstudie
Woensdae ( behalwe die eerste Woensdag van elke maand en gedurende skoolvakansies) word Bybelstudie om 09:30 in die Blousaal gehou. Daar mag egter uitsonderings wees. Sien asseblief ook ons kalender.
Senior Koor
Weekliks op Vrydae om 08:45.
Omega-bediening
‘n Bediening om persone wat ‘n geliefde aan die dood afgestaan het, te ondersteun en te begelei. Byeenkomste vind vier keer per jaar plaas en neem verskillende vorme aan
Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Elarduspark
Die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Elarduspark lewer ‘n omvattende, maatskaplike diens aan die gemeenskap om mense sosiaal, emosioneel en ekonomies te bemagtig. Dienste sluit in statutêre werk, terapeutiese dienste, aannemings, groepwerk, en gemeenskapswerk.
Missionêre Liefdesdiens
Die NG gemeente Elarduspark verklaar dat ons God se liefde wil uitleef vir alle mense, oor alle grense heen. Dit is dan hierdie geloofsverklaring wat agter ons Missionêre Liefdesdiens die dryfveer is.
Frankryk Sending
Ons gemeente ondersteun Ds. Johan Bloemhof met kinderevangelisasie in Frankryk. Hulle versprei inligtingspakke in gemeenskappe wat die deur oopmaak vir persoonlike gesprekke.
Noord-Thai Sending
Noord-Thai sending Rynier Kruger is deur die gemeente gestuur en werk in die noordelike Thailand. Sy fokus is vriendskapsevangelisasie. Ek kan omgee deur Rynier te ondersteun deur e-posse en om vir sy bediening te bid.
Khomani Uitreik
Die gemeente reik twee keer per jaar, in April en September, uit na die Khomani San gemeenskap in Andriesvale.