Dit is vir ons in Elarduspark baie belangrik om ons siek lidmate in die hospitaal en tuis te besoek. Dit is deel van ons gemeente se leuse wat sê: Die gemeente wat omgee.
Om dit egter te kan doen, moet ons weet van ernstige siektes en ingrypende operasies. Kontak gerus die kerkkantoor (012 345 1144) of kerkkantoor@ngelarduspark.org.za of ds Leon Westhof (leonwesthof@ngelarduspark.org.za). Daar is ook ‘n boek op die toonbank by die kerkkantoor waarin lidmate se name geskryf kan word met die versoek vir ‘n siekebesoek