Die Alpha Huwelikskursus is ’n ruimte wat geskep word waar ’n egpaar vir sewe aande kan uitgaan op ’n “date” om saam te kuier en te gesels oor hulle verhouding, onder die begeleiding van ’n video-aanbieding. Die fokus is op kommunikasie en om tyd te maak vir mekaar.
Die volgende onderwerpe sal bespreek word:
Sessie 1 – Building Strong Foundations
Sessie 2 – The Art of Communication
Sessie 3 – Resolving Conflict
Sessie 4 – The Power of Forgiveness
Sessie 5 – The Impact of the Family
Sessie 6 – Good Sex
Sessie 7 – Love in Action
Die kursus het ’n inskrywingsfooi van R650 per paar om die koste van die etes en die handleidings te dek. Daar is net plek vir 22 pare per kursus.
Ek kan omgee deur:
Die kursus by te woon en ander pare uit te nooi om die pad saam met ons te stap.