Die Artos & Oinos Konferensiesentrum bestaan uit 2 sale wat vergaderings en funksies van verskeie groottes kan hanteer. Beide sale beskik oor die nodige klank-, video- en mediatoerusting om professionele asook sosiale geleenthede te kan akkommodeer. Die toerusting sluit die moontlikheid in om lewendige orkesmusiek te kan verskaf.
Die Artos-saal
Die grootte van die Artossaal is 225 vierkante meter. Die saal is vierkantig en het ʼn skadu-blou mat en kan 17 tafels vir 170 gaste akkommodeer. Bedieningstafels word ook beskikbaar gestel. Indien die tafels nie benodig word nie, kan die saal 300 stoele akkommodeer. Die lokaal beskik oor lugversorging.
Daar is ʼn kleinerige verhoog met ʼn volledige klanksisteem en die volgende musiekinstrumente/toebehore:
-
Clavinova klavier
-
Elektriese tromme
-
Baskitaar versterker
-
Elektriese kitaar versterker
Die elektroniese toerusting in Artos sluit die volgende in:
-
16 Kanaal-Eurodesk 2382 A
-
Sennheiser koordlose kop-mikrofoon
-
3 x Shure sm58 mikrofone
-
Logitech koordlose aanbieder (“presenter”)
-
CD-speler en rekenaar
-
Skerm waarop “PowerPoint” aanbiedings geprojekteer kan word.
-
DVD’s met klank en video kan ook gespeel en projekteer word.
Die Oinos-saal
Die grootte van die Oinossaal is 156 vierkante meter. Die saal is vierkantig en het ʼn harde vloeroppervlak en kan in totaal 12 tafels vir 100 gaste, wat 2 bedieningstafels insluit, akkommodeer en is geskik vir die aanbieding van etes. In totaal kan die saal ongeveer 160 stoele akkommodeer.
Die saal beskik oor die volgende klanktoerusting:
-
12 Kanaal-Yamaha Mg 124 cx-menger
-
Shure koordlose hand-mikrofoon
-
1 x Shure sm58 mikrofoon
-
Logitech koordlose aanbieder (“presenter”)
-
CD-speler en rekenaar
-
Skerm waarop “PowerPoint” aanbiedings projekteer kan word
-
DVD’s met klank en video kan ook gespeel en geprojekteer word
Die Kombuis
-
Koelgeriewe – inloop-koelkamer en dubbeldeur koeldrank-yskas
-
Opwarming – 2 stowe met oonde en ’n mikrogolfoond
-
Breekware, eetgerei, kookwaterkanne (urns) en 6 warmwater-opdienbakke is op aanvraag teen billike tariewe beskikbaar
KONFERENSIE-FASILITEITE SLUIT OOK DIE VOLGENDE IN:
-
Witbord, blaaibord
-
Tafeldoeke is op aanvraag teen billike tariewe beskikbaar
-
Toiletgeriewe (ook rolstoel-vriendelik)
KONTAKBESONDERHEDE, TARIEWE EN BESPREKINGS
Tariewe is uiters kompeterend en kliënte het die voordeel dat behoefte-gerigte diens teen uitstekende pryse gelewer word. Alle navrae oor tariewe, besprekings en deposito’s kan gerig word aan:
Kontakpersoon: | Martin Venter |
Telefoonnommer: | 012 345 1144 |
Posadres: | Posbus 914-1121, Wingatepark, 0153 |
Fisiese adres: | Frelonstraat 547, Elarduspark, Pretoria, 0181 |
E Posadres: | martin@ngelarduspark.org.za |