Belydenisjaar (Dissipelskap jaar vol.1)

Belydenisjaar [Dissipelskap jaar vol.1]

Die belydenisjaar is ‘n jaar waar daar kennis gedeel word oor aktuele temas, saam gedink word en waar ons mekaar uitdaag om in geloof die wêreld aan te pak. As jy klaar is met hierdie jaar, glo ons, het ons jou toegerus om lig in die wêreld te kan wees vir God se koninkryk. Ons hoofdoel is om jou as dissipel op te lei sodat jy jou geloof in die wêreld met gemak kan uitleef. Die groep kom op Sondae in die Kapel na die diens vir ‘n uur en ‘n half bymekaar. Kom leer saam met ons meer oor hoe God wil hê ons sy koninkryk saam met Hom moet uitbou.

Tyd: Sondae 18:00-19:30

 Plek: Kapel

Versoek om deel te word van hierdie groep