Huiswerkerskamp

Een maal per jaar word ‘n naweekkamp gehou waar huiswerkers van ons omgewing bederf word. ‘n Spreker en aktiwiteite fokus op hulle geestelike verryking. In aanloop tot die kamp word daar ook ‘n dag byeenkoms by die kerk gehou. Sop en broodjies vir die dag, word deur gemeentelede gemaak en geskenk.

Ek kan omgee deur:

  • Donasies vir die aankoop van etes te skenk.
  • Geskenkpakkies met iets soos ‘n waslappie en seep vir die huishulpe te skenk of te borg.
  • Aan te bied om met die reëlings en voorbereiding van etes te help.
Versoek om deel te word van hierdie groep