Jakarandakinderhuis (Huis 13)

Huis 13 akkommodeer tans 13 seuns tussen die ouderdomme van 7 en 15 jaar. Ondersteuning vind plaas deur finansiële, materiële, geestelike en emosionele bystand. Die jeug van Elarduspark gemeente reik ook Sondag aande gereeld uit na die koffiekroeg by die kinderhuis.

Ek kan omgee deur:

  • My vaardighede aan te bied om met programme wat die kinderhuis aanbied, uit te help.
  • By die uitreik na die koffiekroeg betrokke te raak.
  • Die aankondigings dop te hou vir spesifieke behoeftes wat van tyd tot tyd daarin geadverteer word.

Die Jakaranda kinderhuis kliniek bedien jaarliks ± 250 kinders met deurlopende gesondheidsorg en ondersteuning.

Ek kan omgee deur finansiële ondersteuning vir die aankoop van medisyne, of ander benodigdhede, of om my professionele dienste aan te bied (tandartse, oogkundiges, sielkundiges word gereeld benodig).

Kontak Antasha Brits by 083 231 0942 vir meer inligting

Versoek om deel te word van hierdie groep