Jukskei

Ons jukskei groep (gades ingesluit) het die afgelope tyd gegroei tot 49, waarvan 40 aktiewe jukskei-spelers is. Ons  gemiddelde ouderdom is 72, maar dit moet jou nie mislei dat ons oud is nie; ons het die afgelope 2 jaar goud- en brons medaljes verower by die Senior Burgers Jukskei-toernooi te Kroonstad (dié geleentheid waarna elke speler jaarliks na uitsien).

Ons speel elke Dinsdag- en Donderdagoggende vanaf 09h00 tot 11h00 – (ons bane is op die kerkterrein) – jy kom speel wanneer jy wil. Ons het drie bane en addisionele jukskeie is beskikbaar. Na afloop van die oggend se speel, drink ons lekker koffie/tee met ietsie te ete, saam.

Ons speel nie net jukskei nie, maar op die laaste Donderdag van elke maand braai ons lekker saam. Schalk voorsien natuurlik lekker musiek. Een keer per maand eet ons lekker koek om verjaarsdae te vier.

Kerkterrein aan Diabaasstraat

Dinsdae en Donderdae 09:00 – 11:00

Navrae: Frans Steenkamp (012) 345 4192 / 081 354 4900

Versoek om deel te word van hierdie groep