Kleretrommel

Die kleretrommel is ‘n projek waar gebruikte klere, linne, speelgoed, meubels en toerusting deur gemeentelede geskenk en dan uitgedeel word aan persone wat behoefte daaraan het. Hierdie klere en toerusting word ook versprei aan projekte van die gemeente en ander individue wat deur die maatskaplike werkers geïdentifiseer en verwys is.

Ek kan omgee deur:

  • Goedere wat ek nie meer nodig het nie, te skenk
  • Aan te bied om Woensdagoggende te help om die artikels wat ontvang is, te sorteer.
Versoek om deel te word van hierdie groep