Kleuterkerk 4-6 jaar

Die Kleuters is ‘n baie lekker en energieke groep. By die Kleuterkerk fokus ons daarop om vir die kinders Bybelverhale te leer op interessante maniere. Ons hou saam poppekas, sing saam en doen aktiwiteite om die boodskap vas te lȇ. Die groep kom eers almal saam bymekaar en deel dan na die les op in kleiner groepies. Die reeks wat ons gebruik se naam is “Dapper Stappers.

Die Kleuterkerk vind Sondae tydens skoolkwartale 8:00 en 9:45 tydens die dienste in die Jeuglokale (voor die ingang na die kerkkantoor) plaas. Kinders tussen die ouderdomme van 4 en 6 jaar woon die Peuterkerk by. Ouers is welkom om saam met hul kind die kleuterkerk by te woon.

Kontak Anri van den Berg by 0825414357 vir meer inligting of indien jy betrokke wil raak.

Versoek om deel te word van hierdie groep