Hierdie dienste word op die kerkalmanak aangedui en is beskikbaar op Woensdae. Die tye mag wissel, en die kerkalmanak moet geraadpleeg word daarvoor. Dan word daar bloeddruklesings geneem, asook bloedsuiker- en cholesteroltoetse, ten einde die seniors te adviseer vir individuele mediese aandag indien nodig. Hiervoor is ‘n nominale bedrag betaalbaar.