Matrieks (Dissipelskap jaar vol.2)

In jou matriek jaar wil ons jou help om dit wat jy in jou Belydenisjaar geleer het toe te pas in jou lewe. In hierdie jaar wil ons hê jy moet kan uitgaan en ‘n voorbeeld van jou geloof vir ander mense wees, jy moet gemaklik daaroor met jou vriende, vreemdelinge en ander kan gesels. Daarom word daar saam gekuier op Sondae oor ‘n koppie koffie en die Woord. Ons hoofdoel met ons matrieks is om te midde van ‘n baie besige en bedrywige jaar geloofsritmes en gewoontes in jou daaglikse lewe in te bou – deur bybelprogramme op jou foon of deur gebed vir jou groep. Hierdie groep is ‘n omgee groep waar mense kan ontsnap van die besige aktiwiteite en groot verwagtinge van jou finale jaar op skool, maar waar daar ook geestelik saam gereis word. Ons nooi jou uit om saam met ons te kom reis hierdie jaar!

Tyd: Sondae 18:00-18:30
Plek: Herberg

Verantwoordelik:
Larry Nell (076) 386-7913
larrasnell@gmail.com

Versoek om deel te word van hierdie groep