Mosesprojek

Ons is ‘n selgroep wat in 2009 gelei is na babas van werklose ouers in Elandspoort. Ons voorsien ‘n groep van ongeveer 20 babas op ‘n slag van formulemelk vir elke voeding op ‘n tweeweeklikse basis, sodat hierdie babas se ontwikkeling optimaal kan plaasvind deur behoorlike voeding. Ons bou verhoudings met die mammas en die babas, en neem ook ander bababenodigdhede wat geskenk word saam om uit te deel. Ons bekostig die melkaankope uit ‘n spaarrekening spesiaal geopen vir die projek, waarin ons donasies ontvang. Ons ervaar enorme seën op die projek, en het nog altyd genoeg fondse ontvang van getroue donateurs om elke uitreik se melkaankope te kan doen.

Benodighede:

  • Kontant
  • Nan 1 en 2, Lactogen 1 en 2 alles in die groot 1.8 kg verpakking
  • Babaklere in ‘n goeie toestand
  • Kombersies
  • Toiletware vir babas
  • Doeke
  • Speelgoed

Ons neem niemand saam op uitreike nie, aangesien ons die mammas se privaatheid wil beskerm en hulle nie wil laat voel dat hulle ten toon gestel word nie.

Versoek om deel te word van hierdie groep