‘n Omgeegroep ondersteun die organisasie “Women for Change” wat daagliks sop aan 70 bejaardes en 325 kinders in die Nelmapius woongebied voorsien, kinders na skool met hul huiswerk help, en vroue bemagtig deur die maak van artikels wat verkoop kan word.
Die omgeegroep staan Dinah by met finansiёle en algemene advies om die volhoubaarheid van die projek te verseker en voorsien ook voedsel, klere, komberse, wol, materiaal en speelgoed. Teen die einde van die jaar word daar ook ‘n Kerspartytjie aangebied.
Ek kan omgee deur:
Finansiële bydraes, my vaardighede, hande en tyd aan te bied.
Kontak:
Steve Prinsloo (083) 302-5321 of
Ann Nel (012) 997-0777 / (082) 787-4342