Sosiale Media + Bemarking (Jeug & Jongwerkend)

Die wêreld draai vandag om Sosiale Media en Bemarking. Ons wil jou ‘n ruimte gee waar jy kan kom deelneem aan ‘n bediening wat nie net bemark nie, maar wat die evangelie op ‘n kreatiewe manier aan die wêreld daar buite kommunikeer. So as jy goeie rekenaar vaardighede het, in video’s wil speel of hou van Sosiale Media – raak deel van hierdie bediening en kom dien die wêreld met jou gawes.

Kontak: Lené Thuynsma (083) 799-9316
lene.thuynsma@gmail.com

Versoek om deel te word van hierdie groep