Waar kom ons belangstelling oor die onderwerp vandaan? Vanuit ons take wat ons opgedra is, het ons ’n intense belangstelling om individue, families, kinders en jongmense te begelei om die Here te leer ken, lief te hê en in ’n verhouding met Hom te lewe, sodat hulle deel kan wees van God se gestuurde kerk na ’n stukkende en gebroke wêreld. Om hierdie saak op die mees effektiefste te doen, het ons navorsing begin doen oor die goed wat verhinder dat die kerk effektief hierdie doel kan bereik. Dit het ons by “huisgeloof” uitgebring.
Senior Kinderkerk Gr 4-6
Die Graad 4-6 kinderkerk vind Sondae tydens die skoolkwartale 8:00 en 9:45 tydens die dienste in die Artos saal plaas.
Junior Kinderkerk Gr 1-3
Die Gr 1-3 kinderkerk vind Sondae tydens die skoolkwartale 8:00 en 9:45 tydens die dienste in die Oinos saal plaas.Kinders kom vir die eerste 20 minute van die diens na die kerk en beweeg dan saam met hulle kategeet uit na die Oinos.
Kleuterkerk 4-6 jaar
Die Kleuters is ‘n baie lekker en energieke groep.
Peuterkerk 2-3 jaar
Die Peuterkerk vind Sondae tydens skoolkwartale 8:00 en 9:45 tydens die dienste in die BLOUSAAL plaas. Kinders tussen die ouderdomme van 2 en ‘n hlaf en 4 jaar woon die Peuterkerk by. Ouers is welkom om saam met hul kind die peuterkerk by te woon. Ons gebruik die “wikkelwurm” reeks om vir hierdie groep kinders van die Here te leer.
Kinderbediening
In hierdie gemeente is kinders baie welkom!
Die Erediens en kategese word vir hulle geïntegreer. Daar word dus in een byeenkoms in die groot groep (erediens) sowel as in die kleingroep (kategese) gewerk ten einde die boodskap van die Skrif in die lewe van die kind vas te lê.
Doopbediening en Doopvoorbereiding
Ons help mammas en pappas met die Doopbediening & Doopvoorbereiding om God se genade te ontdek en dit aan hulle kinders te kommunikeer.