Om lidmate, besoekers en vreemdelinge by byeenkomste hartlik en gasvry te ontvang en te bedien met Jesus se liefde – sodat hulle Sy liefde sal ervaar en sal tuis voel by die byeenkoms en in die gemeente.
Bybelstudie
Woensdae ( behalwe die eerste Woensdag van elke maand en gedurende skoolvakansies) word Bybelstudie om 09:30 in die Blousaal gehou. Daar mag egter uitsonderings wees. Sien asseblief ook ons kalender.
Manne van die Woord
Kom wandel saam met ander manne in die Woord… kom kry jou krag en wees vasberade saam met ons!
35+
Om enkellopendes wat dieselfde belangstellings deel te betrek om op beide sosiale en geestelike vlakke te groei.
Omgeegroepe
Een van ons diepste menslike behoeftes is om deel te wees en te behoort. In ‘n samelewing van heinings en haas leef ons geïsoleerd. Ons mis uit op diep, betekenisvolle verhoudinge en die waarde van ‘n geloofgemeenskap. Dit is wat ‘n Omgeegroep jou bied… ‘n plek waar jy kan BEHOORT, net soos jy is. ‘n Plek waar jy God en liefde in betekenisvolle verhoudinge kan BELEEF . ‘n Plek waar jy deelneem om te BELIG – God se teenwoordigheid in jou en ander se lewens uit te wys.