Groepstipe: Grense na Brue

Noord-Thai Sending

Noord-Thai sending Rynier Kruger is deur die gemeente gestuur en werk in die noordelike Thailand. Sy fokus is vriendskapsevangelisasie. Ek kan omgee deur Rynier te ondersteun deur e-posse en om vir sy bediening te bid.

Nellmapius Uitreik

‘n Omgeegroep ondersteun die organisasie “Women for Change” wat daagliks sop aan 70 bejaardes en 325 kinders in die Nelmapius woongebied  voorsien, kinders na skool met hul huiswerk help, en vroue bemagtig deur die maak van artikels wat verkoop kan word.

Kleretrommel

Die kleretrommel is ‘n projek waar gebruikte klere, linne, speelgoed, meubels en toerusting deur gemeentelede geskenk en dan uitgedeel word aan persone wat behoefte daaraan het.

Frankryk Sending

Ons gemeente ondersteun Ds. Johan Bloemhof met kinderevangelisasie in Frankryk. Hulle versprei inligtingspakke in gemeenskappe wat die deur oopmaak vir persoonlike gesprekke.