Een maal per maand – sien Kerkkalender.
Senior Koor
Weekliks op Vrydae om 08:45.
Kliniekdienste
Kliniekdienste word op die kerkalmanak aangedui en is beskikbaar op Woensdae.
Jukskei
Ons speel elke Dinsdag- en Donderdagoggende vanaf 09h00 tot 11h00 – (ons bane is op die kerkterrein) – jy kom speel wanneer jy wil. Ons het drie bane en addisionele jukskeie is beskikbaar. Na afloop van die oggend se speel, drink ons lekker koffie/tee met ietsie te ete, saam.
Bybelstudie
Woensdae ( behalwe die eerste Woensdag van elke maand en gedurende skoolvakansies) word Bybelstudie om 09:30 in die Blousaal gehou. Daar mag egter uitsonderings wees. Sien asseblief ook ons kalender.
Omega-bediening
‘n Bediening om persone wat ‘n geliefde aan die dood afgestaan het, te ondersteun en te begelei. Byeenkomste vind vier keer per jaar plaas en neem verskillende vorme aan
Pilates Oefeninge
‘n Gekwalifiseerde fisioterapeut bied Pilates oefeninge aan in die Artossaal op Donderdae 09:00 – 09:45.
60+
In hierdie fase van die lewe het jy soveel om vir ander te bied! Die 60+ bediening help jou om hierdie goue jare van jou lewe te laat tel.