Die gebedsbediening vind sy motivering in Handelinge 2:42. Die Nuwe Testamentiese kerk het hulle op vier beginsels “heelhartig toegelê” (die betekenisveld van die Grieks impliseer om ook met inspanning met iets te volhard, ten spyte selfs van moontlike teenstand of moeilikhede).
Jacob’s Well
ach branch of Jacob’s Well aims to build up a growing network of churches, organisations, businesses and individuals that are passionate and keen to be more effective in their help to the people in their communities that find themselves without any form of regular and self-sustainable income.
Finansiële Ondersteuning
Finansiële ondersteuning word bestuur deur ‘n alimentasie komitee wat saamgestel is deur onder andere mense met finansiёle kundigheid. Riglyne vir hulpverlening fokus daarop om mense deur ‘n tydelike krisis te ondersteun, sodat hulle weer selfstandig op hulle eie kan funksioneer.
Finansiële Beplanning
Persone in nood word ondersteun in hulle finansiële beplanning en bestuur. Ons het ‘n netwerk van kundiges wat mense in finansiële nood kan bystaan met advies ten opsigte van basiese finansiële beplanning, of die opstel van ‘n begroting. Ek kan omgee deur my kundigheid aan te bied om mense met finansiële beplanning te help.
Egskeidingsbegeleiding
Kom word begelei in ‘n proses waar gebeure en gevoelens van mekaar geskei word om rasioneel te besin en tot insig te kom oor wat tot die dood van die huwelik aanleiding gegee het, sodat jy die stukke van jou lewe weer kan optel en jy vir jou lewe vorentoe ‘n nuwe storie kan skryf.
Pastorale Spreekkamer
ie pastorale spreekkamer is ‘n plek waar stories van pyn, hartseer en ook vreugde gedeel en deurgewerk word.
Pilates Oefeninge
‘n Gekwalifiseerde fisioterapeut bied Pilates oefeninge aan in die Artossaal op Donderdae 09:00 – 09:45.
Siekebediening
Dit is vir ons in Elarduspark baie belangrik om ons siek lidmate in die hospitaal en tuis te besoek. Dit is deel van ons gemeente se leuse wat sê: Die gemeente wat omgee.
Thusanang
Die bediening fokus daarop om huiswerkers van die omgewing te bemagtig deur die aanleer van naaldwerk vaardighede, om sodoende hulle eie klere te maak en te herstel of ‘n ekstra inkomste te verdien. Dit is ook ‘n geleentheid waar die evangelie aan hulle bedien word.
Voorbereiding vir Aftrede
Hierdie bediening bied ‘n ruimte waar mense wat nog moet aftree en mense wat reeds afgetree het in mekaar se ervarings, wyshede, vrese, verwagtings, uitdagings en kreatiewe planne kan deel. Die wat nog moet aftree word begelei op hierdie reis en vir die wat reeds afgetree het, word geleenthede geskep om steeds sinvol by die gemeenskap betrokke te wees.