By ons Jeugbediening is ons konstant besig om onsself twee vrae te vra: 1) Wat kan ek verander of anders doen om meer volgens die wil van die Here te lewe; 2) Hoe kan ek vir-ander mense ‘n voorbeeld van God se liefde wees. Daarom staan ons Jeugbediening bekend as VERANDER. Hierdie is nie net ‘n plek waarheen jy kom op ‘n Sondag nie, maar is dit veel eerder ‘n leefstyl van Dissipelskap wat ons najaag.
Ons glo as ons as Jeugbediening konstant besig kan wees om na te dink oor hierdie twee vrae, ons die wêreld, omgewing en ander se lewens kan verander deur die liefde van God. Hoe gaan ons dit reg kry? Ons fokus op vyf belangrike waardes wat deel vorm van alles wat ons doen: Geloofsgroei; Verhoudings; Mentorskap; Diensbaarheid & ons hoof doel en roeping, Dissipelskap. Ons daag dus almal rondom hierdie vyf waardes uit.
J.K.A Smith beskryf Dissipelskap vir ons baie mooi: “Discipleship is to be attentive to and intentional about what we love.” Ons bely elke Sondag dat ons lief is vir God en uit sy liefde wil lewe. Ons wil jongmense leer hoe om met opgewondenheid hulle geloof uit te leef en so ‘n voorbeeld van die liefde van God, vir elke mens, oor alle grense heen te wees.
Dienstye: Elke Sondag (in skool kwartaal): 17:00-18:00
Jeuggroepe: Elke Sondag (in skool kwartaal): 18:00-19:00
Word so deel van wat ons doen:
Verander Jeugbediening
By ons Jeugbediening is ons konstant besig om onsself twee vrae te vra: 1) Wat kan ek verander of anders doen om meer volgens die wil van die Here te lewe; 2) Hoe kan ek vir-ander mense ‘n voorbeeld van God se liefde wees. Daarom staan ons Jeugbediening bekend as VERANDER. Hierdie is nie net ‘n plek waarheen jy kom op ‘n Sondag nie, maar is dit veel eerder ‘n leefstyl van Dissipelskap wat ons najaag.
Verander Jeugbestuur
Die Jeugbestuur bestaan uit verskeie verteenwoordigers vanuit die jeugbediening. Ons is verantwoordelik vir alles wat in die gemeente gebeur wat met die jeugbediening te doen het.
Verander Jeuggroepe
Die Jeuggroepe (Grd 7-Grd12) se hoofdoel is om deur mentorskap en verhoudings Dissipels van mense te maak.
Belydenisjaar (Dissipelskap jaar vol.1)
Die belydenisjaar is ‘n jaar waar daar kennis gedeel word oor aktuele temas, saam gedink word en waar ons mekaar uitdaag om in geloof die wêreld aan te pak.
Matrieks (Dissipelskap jaar vol.2)
In jou matriek jaar wil ons jou help om dit wat jy in jou Belydenisjaar geleer het toe te pas in jou lewe.
Jeugspan & Jeugwerkers
Die Jeugwerkers se verantwoordelikheid sal wees om as ‘n mentor vir hulle groep op te tree.
Studente (Connect)
Ons glo dat elke student (matrieks is ook welkom) ‘n veilige ruimte moet hê waar daar oor die lewe saam gesels, gedink en gekuier kan word! Connect is juis dan die plek vir jou!
Omgee (Jeug & Jongwerkend)
As jy seer, pyn of hartseer beleef en ervaar, wil ons jou nooi om vrylik na iemand kan gaan waar daar ‘n skouer is om op te huil en ‘n oor is wat sal luister.
Sportbediening
Enige iets waar mense saam kan kom en sport speel.
“Events” (Jeug & Jongwerkend)
Die "events" wat ons deur die loop van die jaar hou met die oog op lekker kuier
Jongwerkendes
Hierdie bediening beoog om ‘n plek te skep vir jongmense wat reeds werk en voel dat hulle nie meer dieselfde behoeftes of ooreenkomste as die studente het nie.
Uitreike (Jeug & Jongwerkend)
Kom beweeg saam met ons met God se liefde oor alle grense en wees deel van ons uitreike.
Gasvryheid (Jeug & Jongwerkend)
Ons wil ‘n ruimte skep waar mense welkom en veilig voel wanneer hulle by enige een van die Jeugbediening se byeenkomste is.
‘Shape’
“Intentional living” is waarop gefokus word hier.
Sosiale Media + Bemarking (Jeug & Jongwerkend)
Die wêreld draai vandag om Sosiale Media en Bemarking.
Band (Jeug & Jongwerkend)
As jy ‘n gawe het vir musiek en hou daarvan om instrumente te speel wil ons jou graag uitnooi om deel van die Jeugbediening se band te word.
Jeugdiensbeplanning
Daar kom elke Maandagaand ‘n span mense bymekaar wat verantwoordelik is om kreatief te dink oor die komende Sondag se Jeugdiens.
As jy deel word raak, meer wil uitvind oor iets of op hoogte wil bly van wat in die Jeugbediening aangaan, kontak ons hier:
- Jeug-Whatsapp Nommer: 071 729 7136 (Save die nommer; Stuur jou naam + van; Grd, student of ouer)
- Instagram: @elardusparkjeug
- Facebook: Elarduspark Jeug
- Jeug email: jeug@ngelarduspark.org.za
Raak deel, en kom net soos jy is. Jy is vir ons baie belangrik.
#Verander #Liefde #Mense #Grense