Ivorypark

Op Saterdag 29 Februarie het ons ons eerste Ivorypark kontakgeleentheid van 2020. Hierdie gaan ‘n dag wees vol Kids games, braai en speel. Ons hoof doel is om verhoudings te bou en is almal welkom. Ons kort wel jou hulp. Omdat dit die jeugbediening is wat oorhoofs betrokke is, gaan ons hulp nodig hê met vervoer.

So as jy deel wil neem aan die dag, wil uithelp deur om die worsbroodjies te braai, met vervoer of om saam te kom speel kontak asseblief vir Ds. Christian Oberholzer: 082 349 7317 / christian@ngelarduspark.org.za vir meer inligting.