Die huidige kerkraad bestaan uit die volgende lidmate:
Annene Brink
Engela Petzer
Coenraad van Beek
Jaco Breytenbach
Jacques Small
Jurgens Maartens
Kobus Labuschagne
Charles Le Roux
Jannie Dry
Jurgens Maartens
Attie du Toit
Gerhard Olivier
Lindi Liebisch
Die kerkraad word sover moontlik saamgestel uit ‘n gelyke getal dames en mans en daar word voorts gepoog om ‘n goeie ouderdomsgroepering te hê. Lidmate word gekies in die ouderdomskategorieë 18-35; 35-45 en bo 45. Met hierdie verspreiding word gepoog om ‘n gebalanseerde verskeidenheid en verteenwoordiging van die gemeente in die leierskap te hê.
Die funksie van die kerkraad is tweeledig, naamlik om die welwese van die gemeente te bepaal en om die geestelike rigting van die gemeente vas te stel. Alle ander bestuursfunksies is afgewentel na kommissies wat die mandaat het om hulle terreine te bestuur met terugvoering aan die kerkraad soos nodig. Hierdie kommissies bestaan uit kundiges wat diens doen op die Finansiële Kommissie, Diensverhoudingkommissie, Bou- en Eiendomskommissie en Beroepsveiligheid.
Behalwe dat kerkraadslede se leer en lewe ‘n voorbeeld vir die gemeente moet wees, moet hulle ook oor ‘n onderskeidingsvermoë beskik wat deur die Heilige Gees geskenk word. Dit is nodig aangesien die tweeledige funksie van die kerkraad (welwese en rigting van die gemeente) meer as doodgewone bestuursbesluite behels.
Geestelike leierskap is dus vir die gemeente belangrik en daarom is dit belangrik om deurlopend vir die kerkraad voorbidding te doen.