My tienerseun se brein werkswinkel

My tienerseun se brein: voorbereiding vir die tienerjare.

My woelige en ondeunde seuntjie het verdwyn. Drukkies en geselsies word elke dag minder en dit voel of hy ‘n leeftyd in sy kamer spandeer. Gesprekke het verkort tot n grom en hy is altyd in n slegte bui. Die enigste onderwerp wat hom vir ‘n oomblik uit sy dop laat kom is speletjies of sport, meisies of sy vriende. Jy is nie seker of die ure agter ‘n toe deur net rekenaarspeletjies is of ook huiswerk nie en is te versigtig om te vra. Het ons as ouers gefaal of gaan my seun net deur ‘n fase?

Klink dit bekend? Indien wel, kom luister gerus na Mariska van der Meulen van Meraki Counselling Services wat verduidelik wat jou seun tans of binnekort gaan deurmaak. Ouers met seuns van ongeveer 8 jaar en ouer sal voordeel trek uit hierdie sessies. Die kursus word in Engels en of Afrikaans aangebied, afhangende van die gehoor.

Volg hierdie link na die Facebook event vir nog meer inligting.

Kontak Christian Oberholzer om in te skryf.