Omgeegroepe Braai

Die Omgeegroepbraai is om die draai! Jy en jou hele Omgeegroep word uitgenooi om saam met al die ander omgeegroepe van NG Elarduspark te kom braai. Tydens hierdie geleentheid kry julle die kans om mekaar in die groter Omgee-familie te leer ken, te deel en te behoort!

Tydens hierdie geleentheid kry mense wat ook graag by Omgeegroepe wil inskakel die geleentheid om mense op ‘n gemaklike wyse te leer ken. Ek wil ook graag tydens hierdie geleentheid net die gashere en gasvroue bymekaar kry om te hoor hoe dit met elke omgeegroep gaan. Dit skep ook ‘n geleentheid waar ek na julle behoeftes en voorstelle kan luister (slegs 30min).

Wat bring elkeen saam?

Elkeen bring sy eie eetgerei, vleis en drinkgoed saam. Die omgeegroepe reël onder hulleself vir ‘n slaai waarvan almal kan skep (soveel mense soos wat daar in die omgeegroep is plus 2 vir gaste. Ons voorsien pap en vure. (Jy is welkom om ‘n kampstoel saam te bring as jy gemaklik saam met ander onder ‘n boom wil kuier)

Belangrike Inligting

Sondag, 1 Maart 2020
12:00-14:00
by die lapa en Oinossaal

Dit is die taak van die gasheer en gasvrou om seker te maak dat almal in die groep hierdie epos kry, so stuur dit asseblief aan na jou Omgeegroep-familie. Laat weet asseblief hoeveel mense julle gaan wees wat die geleentheid gaan bywoon!

RSVP

Laat weet Sonya by die kerkkantoor hoeveel mense is wat kom.

Ons hoop om jou daar te sien!

Danie Vermaak
(namens die Omgeegroepbediening)