‘n Pandemie kan ons moontlik stuit of sal homself uitwis, maar daar is sekere dinge in die lewe wat “onstuitbaar” is… vrees, siekte & dood is die groot gelykmakers. Meer as dit, is die koms van God, lewe, oorvloed & die beweging van Christus onstuitbaar in hierdie wêreld.
Met Groot-Lydensweek wat Sondag 5 April begin met Palmsondag, beleef ons iets van God se onstuitbare mag in hierdie wêreld.
Program
Sondag 5 April Palmsondag om 9:00 – Markus 11:1-19
Maandag 6 April om 19:00 – Markus 12:1-11
Dinsdag 7 April om 19:00 – Markus 12:28-34
Woensdag 8 April om 19:00 – Markus 12:41-44
Donderdag 9 April Net-Nagmaal om 19:00 – Markus 14:22-31
Vrydag 10 April – Goeie Vrydag om 8:00 – Markus 15:21-40
Saterdag 11 April – Stil Saterdag
Sondag 12 April – Opstandingsondag om 9:00 – Markus 16:1-8
Uitsending van eredienste
Sondag 5 en 12 April en Vrydag 10 April se eredienste word lewendig uitgesaai op ons Facebook & YouTube kanaal. Die week geleenthede om 19:00 word ook regstreeks uitgesaai en bied die geleentheid vir deelname.
Paaspakket (kinderprogram)
Laai hier materiaal af wat julle as gesin saam met die kinders kan doen oor Lydensweek: