Brug na nêrens – Genesis 4

Brug na nêrens – Genesis 4

Jy sal jy onthou hoe die verhaal in Genesis mooi en goed begin met die twee Skeppingsverhale. Dit lyk of hierdie verhaal met ‘n mooi storie êrens heen op pad is. Dan gebeur Adam, Eva, die slang en die vrug en die storie slaan ‘n ander rigting in. ‘n Mens sou dink dat Adam en Eva en hulle nageslag weer ‘n brug sou wou bou om die verhouding met God te herstel. Name in die verhale vertel ons iets van die omstandighede tydens die geboorte of iets meer van die karakter. Eva noem haar eerste seun “Kain”, wat iets beteken soos “Ek het ’n man in die wêreld gebring met die hulp van die Here!” Die tweede seun “Abel” beteken iets soos “asemteug” of “nietigheid”. Anders as sy ouers, bou Kain nie verder aan die brug waarmee hulle begin het nie. Hou in gedagte dat die verhale in Genesis 1-11 ook oorvertel word in die lig van Israel se lewensreis, daarom is die leser goed bekend met die offerstelsel. God bou met die geboorte van SET ‘n brug oor die verwoestende nagevolge van Kain se optrede. Waarheen of na wie bou jy ‘n brug saam met God in jou veranderende omstandighede? Kom lees saam met ons Genesis 4.


Hierdie opname is gemaak op 26 Jul 2020

Diens: 9:00 Erediens

Preekreeks: Koningkrykstyd

Prediker(s)
Danie Vermaak