Die Goeie Wynmaker – Johannes 2:1-11

Die Goeie Wynmaker – Johannes 2:1-11

Voel dit vir jou of die groen gras van die goeie Herder in die winter verdwyn het? Een van die vrese wat saam met COVID-19 gekom het, is ‘n vrees dat daar nie genoeg sal wees nie... ‘n tekort. Die rykheid van die lewe het nou sy smaak verloor en ek probeer veg om te oorleef (emosioneel ook). Ek ken ‘n goeie Wynmaker. Die water wat Hy in wyn verander, is nog beter as die vorige wyn. Die lewe wat Hy gee, is een van oorvloed (Joh.10:10). Die lewe en God self, het baie ondertone. Sit langer stil met hierdie gedagte in jou mond. Proe weer vir God en die lewe.


Hierdie opname is gemaak op 08 Aug 2021

Diens: 08:00 Oggenddiens

Preekreeks: Koningkrykstyd