Die Heilige Week: Opstandingsondag – Markus 16:1-8

Die Heilige Week: Opstandingsondag – Markus 16:1-8

Julian Muller vertel in sy boek Opstanding van ‘n dominee wat tydens ‘n preek ‘n jong seun dophou wat op die kerkterrein ronddwaal. Die seun kom toe by ‘n karwrak, en kort voor lank, klim hy daarop. Op die dak voel hy eers of dit sy gewig sal hou – en dan begin hy dans. Om in die opstanding te glo, beteken om op die karwrak van die lewe te dans. Die wrak stel dalk die dood, ongeregtigheid en hopeloosheid voor. Maar die wrak dra nie die finale boodskap nie – die wrak word die platform van die finale boodskap: ‘n Boodskap waar die Seun die laaste sê het. Mag jy vandag ‘n dans van oorwinning dans.


Hierdie opname is gemaak op 04 Apr 2021

Diens: 9:00 Erediens

Preekreeks: Lydenstyd

Prediker(s)
Christian Oberholzer