Eens was ons eie moeders ‘n “vreemdeling” (as fetus ofpasgebore babatjies), maar dit was wat ons geken het. Die “vreemdeling” het ons veiligheid en geborgenheid geword. Jaco
Jacobs skryf oor hierdie ervaring deur ‘n kind se oë...
DIE MOOISTE GELUID OP AARDE
Dis opgewek en warm
Soos ‘n sonskyndag,
dit borrel soos rivierwater
wanneer sy lag,
dis donskombers-snoesig
as sy slaaptydstories lees -
maar as sy kwaad is
kan dit ‘n weerligstraal wees!
Dit kan grappies maak en sing
dit kan nagmerries tem
Dis die mooiste geluid op aarde
dis my ma se stem
Mag jy in ander “vreemdelinge” dieselfde beleef.